Ezekiel 16:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, daarom het Ek my hand oor jou uitgesteek en jou gewone voedsel verminder en jou oorgegee aan die wil van die wat jou haat, die dogters van die Filistyne wat hulle skaam oor jou skandelike weg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom het Ek jou met die vuis geslaan en jou grense ingekort. Ek het jou oorgegee aan jou vyande, die Filistyne. Selfs hulle was geskok deur jou afskuwelike gedrag! |
| Afrikaans 1933/1953 | En kyk, Ek het my hand teen jou uitgestrek en die vir jou bestemde deel verminder; en Ek het jou oorgegee aan die hebsug van die wat jou haat, die dogters van die Filistyne wat hulle geskaam het oor jou ontugtige wandel. |
| Afrikaans 1983 | Ek het my hand teen jou uitgesteek en jou regte ingekort en jou oorgelaat aan die willekeur van jou vyande, die Filistyne. Selfs hulle het hulle geskaam oor jou skandelike gedrag. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, Ek het my hand teen jou uitgestrek; Ek het jou onderhoud ingekort. Ek het jou oorgegee aan die willekeur van hulle wat jou haat, aan die Filistynse vroue wat hulle skaam vir jou skandelike gedrag. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En toe het Ek besluit om jou te straf. Ek het nie meer vir jou alles gegee wat jy moes kry nie. Ek het gesê jou vyande, die Filistyne, kan doen met jou wat hulle wil. En hulle was ook skaam oor jou slegte lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom het Ek jou met my vuis bygedam. Ek het jou land al hoe kleiner gemaak. Ek het jou aan jou vyande oorgegee. Selfs jou vyande, die Filistyne, het verstom gestaan oor al die slegte dade waaraan jy jou oorgegee het. |