Ezekiel 16:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy het ook gehoereer met die Egiptenaars, jou bure, groot van vlees; en het jou hoererye vermeerder om My te terg.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy het jouself ook verkoop aan jou goed bedeelde bure, die Egiptenaars. Jy het My baie kwaad gemaak deur aan te hou met jou afskuwelike dade.
Afrikaans 1933/1953 Jy het ook gehoereer met die kinders van Egipte, jou baie sinlike nabure; en jy het jou hoerery vermenigvuldig om My te terg.
Afrikaans 1983 Jy het gehoereer met jou goedbedeelde bure, die Egiptenaars, jy het aanmekaar bly hoereer en My bly uittart.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy het met die Egiptenare gehoereer, jou goedbedeelde bure. Jy het jou owerspel vermeerder en My uitgetart.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy het ander gode gedien saam met die Egiptenaars, hulle wat altyd lus was om by jou te slaap. Jy het baie gehou van hulle, jy het aangehou om ontrou te wees en My seer te maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy het ook Egipte, waar jy ’n bediende was en waar Ek jou gaan verlos het, by jou minnaars gevoeg. Jy het My verskriklik kwaad gemaak met jou slegte dade om by al wat man is te slaap, al was jy met My getroud.