Ezekiel 16:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) U het u hoogte gebou op elke hoof van die pad en u skoonheid 'n afsku gemaak, en u voete oopgemaak vir elkeen wat verbygaan en u hoererye vermenigvuldig.
Afrikaans (NLV) 2011 Op elke straathoek het jy ’n afgodsaltaar gebou en jou skoonheid verkoop. Jy het jou lyf aangebied vir elkeen wat verbygaan. Jy het nie opgehou om jou as prostituut uit te huur nie.
Afrikaans 1933/1953 by elke uitdraaiplek het jy jou hoogte gebou en jou skoonheid geskend en jou sonder skaamte aangebied aan elkeen wat verbygaan, en jy het jou hoererye vermenigvuldig.
Afrikaans 1983 By elke kruispad het jy vir jou 'n hoogte ingerig en van jou skoonheid iets afskuweliks gemaak. Jy het gretig gelê en wag vir elkeen wat verbykom; jy het aanmekaar bly hoereer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) By elke kruispad het jy jou offerhoogtes gebou, en sodoende jou skoonheid iets afstootliks gemaak. Jy het jou bene oopgesprei vir elke verbyganger en jou dade van owerspel vermeerder.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy het offer-plekke gebou by elke plek waar die paaie bymekaarkom. Jy was mooi, maar jy het jou mooi liggaam gebruik om dinge te doen wat Ek haat. Jy was soos 'n prostituut wat haar bene oopmaak vir elkeen wat verbykom. Jy het nie opgehou om ander gode te dien nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En op elke straathoek het jy jou lewe verwoes met al jou slegte dade. Jy het jou liggaam aangebied vir elke vreemdeling wat by jou verbygekom het. Jy het gesê: ‘Kom slaap by my!’