Ezekiel 16:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En in al jou gruwels en jou hoererye het jy nie gedink aan die dae van jou jeug nie, toe jy naak en onbaar was en deur jou bloed besoedel was.
Afrikaans (NLV) 2011 In al die jare wat jy egbreuk gepleeg en vreeslike sondes gedoen het, het jy nie een keer teruggedink aan die dae toe jy kaal in die veld gelê het nie. Daar het jy in jou eie bloed gelê en skop.
Afrikaans 1933/1953 Ook het jy by al jou gruwels en jou hoererye nie gedink aan die dae van jou jeug nie, toe jy naak en bloot was en gelê en spartel het in jou bloed.
Afrikaans 1983 Met al dié afskuwelike dade van jou, met jou ontrou het jy nie onthou van jou jeug toe jy kaal en sonder klere in jou bloed gelê en spartel het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) By al jou afstootlike dade en owerspel het jy nie jou kindertyd onthou toe jy ontbloot en nakend, spartelend in jou bloed was nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy het al hierdie dinge gedoen wat Ek haat, jy het ontrou geword en jy het nie die tyd onthou toe jy kaal was en nie klere gehad het nie, daardie tyd toe jy in jou bloed gelê en rondrol het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In al die jare dat jy hierdie afskuwelike slegte dade gedoen het, het jy nie eens een keer teruggedink aan die ou dae toe jy as baba hulpeloos en in jou eie bloed in die veld gelê het nie.”