Ezekiel 16:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verder het jy jou seuns en jou dogters geneem wat jy vir My gebaar het, en dit het jy aan hulle geoffer om geëet te word. Is dit van jou hoererye 'n geringe saak,
Afrikaans (NLV) 2011 “Jy het ook jou seuns en dogters, die kinders wat jy by My gehad het, gevat en aan jou afgode geoffer. Was dit nie genoeg dat jy ’n prostituut geword het nie?
Afrikaans 1933/1953 Verder het jy jou seuns en jou dogters geneem wat jy vir My gebaar het, en die aan hulle geoffer om verteer te word. Was dit nie genoeg met jou hoererye nie,
Afrikaans 1983 Jy het jou seuns en jou dogters wat jy vir My in die wêreld gebring het, gevat en hulle vir die afgode as offermaaltye aangebied. Was jou ontrou nie genoeg nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ “ Toe het jy jou seuns en dogters gevat, dié wat jy vir My in die wêreld gebring het, en jy het hulle aan die beelde geoffer as voedsel. Was jou owerspel nie genoeg nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jy het seuns en dogters vir My gekry, maar jy het hulle geneem en jy het hulle ge-offer sodat die ander gode offer-etes kon eet. Jy het ander gode gedien, maar jy wou nog meer vir hulle doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek was die pa van jou kinders. En dit is hierdie kinders, my seuns en my dogters, wat jy aan jou afgode geoffer het. Was dit nie erg genoeg dat jy by ander mans geslaap het nie?