Ezekiel 16:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En my spys wat Ek jou gegee het, fynmeel en olie en heuning waarmee Ek jou gevoed het, jy het dit vir hulle as lieflike geur voorgesit; en so was dit, spreek die HERE HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Verbeel jou! Jy het die fynmeel en olyfolie en heuning wat Ek jou gegee het, voor hulle as ’n offer neergesit, sê die oppermagtige Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | En my brood wat Ek jou gegee het -- fynmeel en olie en heuning waarmee Ek jou gespysig het -- dit het jy voor hulle neergesit as 'n lieflike reuk; ja, so was dit, spreek die Here HERE. |
| Afrikaans 1983 | Ek het jou gevoed met fynmeel, olie en heuning, maar jy het die kos wat Ek vir jou gegee het, voor hulle neergesit as offers met 'n aangename geur. Ja, dit is wat gebeur het, sê die Here my God. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die voedsel wat Ek vir jou gegee het – ja, gesifte meel, olyfolie en heuning het Ek jou laat eet – jy het dit voor hulle neergesit as 'n geurige offer. Dit is wat gebeur het!” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here. ’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het vir jou brood van die beste koringmeel, olyf-olie en heuning gegee om te eet, en jy het dit vir die ander gode ge-offer sodat hulle kon ruik hoe lekker dit is. Dit is wat jy gedoen het.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Verbeel jou! Ek is jou God, en Ek gee vir jou die beste om te eet. En wat Ek vir jou gee, gaan offer jy toe vir afgode, dooie beelde wat niks vir jou kan doen nie. Ja, dít is die slegte dinge wat jy aangevang het,” sê die Here, Esegiël se God. |