Ezekiel 16:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy het jou gebreide klere geneem en dit toegemaak; en jy het my olie en my reukwerk voor hulle neergesit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy het jou geborduurde klere gevat wat Ek jou gegee het, en vir jou afgode aangetrek. En jy het my olie en wierook gebruik om aan hulle te offer. |
| Afrikaans 1933/1953 | En jy het jou veelkleurige klere geneem en die beelde omhul; jy het ook my olie en my reukwerk voor hulle neergesit. |
| Afrikaans 1983 | Jy het jou veelkleurige rok gevat en dit vir hulle aangetrek, jy het my olie en my wierook voor hulle neergesit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy het jou veelkleurig geweefde klere gevat, die beelde daarmee bedek, en my olie en reukwerk voor hulle neergesit. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy het jou mooi bont klere geneem en jy het dit vir die beelde aangetrek. Ek moes die olyf-olie en die wierook kry, maar jy het dit voor die beelde neergesit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | En jy het die mooi klere wat Ek vir jou gekoop het, gebruik om oor jou afgodsbeelde te gooi. Jy het die olie wat Ek vir jou gekoop het, gebruik om vir die afgode offers te bring. En jy het wierook vir hulle gebrand om hulle te vereer, die einste wierook wat Ek vir jou gekoop het. |