Ezekiel 16:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy het ook jou mooi juwele geneem van my goud en van my silwer wat Ek jou gegee het, en jy het vir jou beelde van mense gemaak en met hulle gehoereer.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy het jou juwele en die goud en silwer gevat wat Ek vir jou gegee het, en daarvan beeldjies van mans gemaak. En jy het hulle aanbid. So het jy egbreuk teen My gepleeg.
Afrikaans 1933/1953 Daarby het jy jou versiersels uit my goud en my silwer geneem wat Ek jou gegee het, en jy het vir jou beelde van manne gemaak en daarmee gehoereer.
Afrikaans 1983 Jy het jou juwele gevat, van my goud en my silwer wat Ek vir jou gegee het, en vir jou mansbeelde gemaak en met hulle jou afgodery bedryf.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy het van jou versiersels gevat, van die goud en silwer wat Ek vir jou gegee het. Jy het vir jou afgodsbeelde van mans gemaak en so jou hoerery voortgesit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy het jou juwele geneem, die goud en silwer wat Ek vir jou gegee het, en jy het daarvan vir jou beelde van mans gemaak, jy het ander gode met daardie beelde gedien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy het die juwele en die goud en silwer wat Ek vir jou gekoop het, gebruik om vir jou beeldjies van afgode te maak. En dan het jy voor hierdie beeldjies neergebuig en dit aanbid asof dit jou god is. Dit was so goed jy het by ander mans geslaap toe jy voor daardie afgode neergebuig en hulle aanbid het.