Ezekiel 16:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar jy het op jou eie skoonheid vertrou en gehoereer ter wille van jou naam, en jou hoererye uitgestort op elkeen wat verbygegaan het; dit was syne. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maar toe het jy jou vertroue in jou beroemdheid en skoonheid begin stel. Jy het jouself as ’n prostituut aangebied vir elke man wat verbygegaan het. Jy het jouself uitverkoop. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar jy het vertrou op jou skoonheid en gehoereer vanweë jou naam; en jy het jou hoererye uitgestort op elkeen wat verbygegaan het, dat dit syne sou wees. |
| Afrikaans 1983 | “Maar toe verlaat jy jou op jou skoonheid, jy gebruik jou beroemdheid om 'n slet te word en jy stel jouself vrylik tot beskikking van enigiemand wat verbykom, jy word syne. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ “ Maar toe het jy op jou skoonheid staatgemaak en het jy gehoereer, omdat jy beroemd was. Jy het jou hoerery uitgestort op elke verbyganger; aan hom het jou skoonheid behoort. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Maar toe dink jy dat jy enige iets kan doen omdat jy mooi is. Almal het jou geken, en jy het 'n slegte vrou geword. Jy het jouself gegee vir enige iemand wat by jou kom, en jy het by hom geslaap. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Maar toe het jy begin dink jy het My nie meer nodig nie. Jy het jou vertroue in jou eie skoonheid begin stel. En toe het jy jou liggaam vir elke man gegee wat verbygekom het. Jy het jou soos ’n slet vir elke man gegee wat daarvoor gevra het. |