Ezekiel 16:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jou roem het uitgegaan onder die nasies vanweë jou skoonheid, want dit was volmaak deur my skoonheid wat Ek op jou gegee het, spreek die HERE HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy het oor die hele wêreld bekend geword omdat jy so mooi was. Ek het jou skoonheid met my glans volmaak gemaak, sê die oppermagtige Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarby het daar 'n naam van jou af uitgegaan onder die nasies vanweë jou skoonheid, want dit was volmaak deur my versiersels wat Ek op jou aangebring het, spreek die Here HERE. |
| Afrikaans 1983 | Jy het onder die nasies beroemd geword om jou skoonheid. Dit was 'n volmaakte skoonheid, die gevolg van die prag waarmee Ek jou uitgerus het,” sê die Here my God. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy het onder die nasies roem verwerf met jou skoonheid; want dit was volmaak, danksy die versierings wat Ek aan jou gehang het.” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here. ’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die volke het geweet dat jy mooi is. Niemand anders was so mooi soos jy nie. Ek het jou so mooi gemaak.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die hele wêreld het van jou geweet. Hulle het gepraat oor hoe mooi jy was. Ek het jou so pragtig gemaak met alles wat Ek vir jou gegee het,” sê die Here, die God van Esegiël. |