Ezekiel 16:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So was jy versier met goud en silwer; en jou klere was van fyn linne en sy en gebreide werk; fynmeel en heuning en olie het jy geëet, en jy was buitengewoon mooi, en jy het voorspoedig tot 'n koninkryk gekom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy was pragtig met jou goud en silwer. Jou klere was van fyn linne en mooi geborduur. Jy het die lekkerste kos geëet: fynmeel, heuning en olyfolie. Jy het mooier as tevore geword. Jy het soos ’n koningin gelyk. En jy was ook een! |
| Afrikaans 1933/1953 | Ja, jy het jou versier met goud en silwer, en jou klere was fyn linne en sy en veelkleurige stowwe; jy het fynmeel en heuning en olie geëet, en jy was buitengewoon mooi en so voorspoedig dat jy koninklike waardigheid bereik het. |
| Afrikaans 1983 | Jy kon jou tooi in goud en silwer, jou klee in linne, kosbare stof, veelkleurige materiaal; jou kos was fynmeel, heuning en olie. Jy het baie mooi geword, geskik om 'n koningin te wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ “Jy het jouself versier met goud en silwer; jou klere was van linne, van sy en veelkleurig geweefde materiaal. Gesifte meel, heuning en olyfolie het jy geëet. Jy het buitengewoon mooi geword. Jy sou deug as 'n koningin. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy kon goud en silwer aan jou klere vaswerk, jy kon klere dra van linne en sy en mooi bont materiaal. Jy kon brood van die beste koringmeel en heuning en olyf-olie eet. Jy het baie baie mooi geword, so mooi dat jy 'n koningin kon wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | So het Ek jou mooi gemaak met die goud en silwer wat Ek ten duurste vir jou gekoop het. Jou klere was die duurste en die mooiste wat ’n mens in die hande kan kry. Jy het die beste en lekkerste kos gekry. En jy was mooier as ooit tevore. Vir My was jy die kosbaarste wat Ek het. Jy het soos ’n koningin gelyk, en jy was ook vir My ’n koningin! |