Ezekiel 16:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het jou ook met gebreide werk beklee en jou met dasvelle geskoen, en ek het jou met fyn linne omgord en jou met sy bedek.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het vir jou duur klere gegee wat van linne en sy gemaak is en mooi uitgeborduur is, asook sandale wat van fyn leer gemaak is.
Afrikaans 1933/1953 Ook het Ek jou beklee met veelkleurige klere en vir jou skoene van robbevel gemaak, en Ek het jou gehul in fyn linne en jou oordek met sy.
Afrikaans 1983 Ek het vir jou 'n veelkleurige rok aangetrek en skoene van gebreide vel, Ek het vir jou klere laat dra van linne en ander kosbare stof.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het jou geklee in veelkleurig geweefde klere, vir jou sandale aangetrek van sagte leer, jou in linne gedrapeer en jou met sy bedek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het vir jou mooi bont klere aangetrek en skoene van sagte vel. Ek het jou toegemaak met linne en sy.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En Ek het duur klere gekoop sodat jy jou mooi kon aantrek. Jou klere was van die beste en duurste wat ’n mens kan koop. Ek het ook vir jou duur skoene gekoop.