Ezekiel 15:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal my aangesig teen hulle rig; uit een vuur sal hulle uitgaan, en 'n ander vuur sal hulle verteer; en julle sal weet dat Ek die HERE is as Ek my aangesig teen hulle rig.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal hulle teenstander word. As hulle uit die een vuur ontsnap, sal Ek sorg dat ’n ander vuur hulle verteer. Wanneer Ek hulle teenstander geword het, sal hulle besef dat Ek die Here is.
Afrikaans 1933/1953 Ek sal my aangesig teen hulle rig: uit die vuur het hulle voortgekom, en die vuur sal hulle verteer; en julle sal weet dat Ek die HERE is as Ek my aangesig teen hulle rig
Afrikaans 1983 Ek word hulle teenstander. Hulle kom uit die vuur, maar die vuur sal hulle verteer. Wanneer Ek hulle teenstander word, sal hulle besef dat Ek die Here is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek draai teen hulle. Uit die vuur het hulle gekom, maar die vuur sal hulle verteer. Julle sal besef dat Ek die Here is wanneer Ek teen hulle draai.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het hulle vyand geword. Hulle sal uit die vuur vlug, maar die vuur sal hulle brand. En julle sal weet dat Ek die Here is wanneer Ek hulle vyand geword het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En Ek sal sorg dat as party van hulle ontsnap en nie deur een vuur verbrand word nie, hulle in die volgende vuur gegooi word. Wanneer dit gebeur, sal julle weet en erken dat Ek die Here is.