Ezekiel 15:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, so sê die HERE HERE: Soos die wingerdstok onder die bome van die woud wat Ek aan die vuur as brandstof gegee het, so sal Ek die inwoners van Jerusalem gee.
Afrikaans (NLV) 2011 “So sê die oppermagtige Here: Die mense van Jerusalem is soos wingerdstokke wat tussen die bome in die woud groei. Hulle het geen nut nie. Daarom het Ek hulle eenkant gesit om verbrand te word!
Afrikaans 1933/1953 Daarom, so sê die Here HERE: Soos die hout van die wingerdstok is onder die hout van die bos, wat Ek aan die vuur oorgegee het om verteer te word, so het Ek die inwoners van Jerusalem oorgegee:
Afrikaans 1983 So sê die Here my God: “Van al die hout gooi Ek die wingerdhout in die vuur om te brand en so maak Ek met die inwoners van Jerusalem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Daarom, so sê my Heer, die Here, ‘Soos die hout van die wingerdstok hoort by die hout van die bos wat Ek vir die vuur as brandhout gegee het, net so het Ek die inwoners van Jerusalem oorgegee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here, Hy wat Here is, sê: “Daarom, Ek het die wingerdhout tussen die bome in die bos gemaak om dit te verbrand. Ek sal dieselfde doen met die mense wat in Jerusalem woon, Ek sal hulle verbrand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nou sê die Here, Esegiël se God, vir hierdie mense: “Die mense van Jerusalem is soos ’n druiwestok wat tussen die bome in die bos gegroei het. Hulle het geen nut vir My nie omdat hulle nie vrug dra nie. Daarom het Ek hulle eenkant neergegooi om mee vuur te maak.