Ezekiel 15:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, toe dit heel was, was dit vir geen werk geskik nie; hoeveel minder sal dit nog vir enige werk geskik wees as die vuur dit verteer en dit verbrand het?
Afrikaans (NLV) 2011 Jy kon dit nie vir enigiets gebruik toe dit heel was nie. Hoeveel minder kan dit in iets nuttigs verander word as die vuur dit gebrand het en dit geskroei is?
Afrikaans 1933/1953 Kyk, toe dit heel was, kon daar niks van gemaak word nie; hoeveel minder, as die vuur dit verteer het en dit geskroei is, sal daar dan nog iets van gemaak kan word.
Afrikaans 1983 Ook toe dit nog ongeskonde was, kon jy nie iets daarvan maak nie, en as dit gebrand en geskroei is, kan jy dit dan nog gebruik om iets te maak?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, toe dit ongeskonde was, kon daarvan nie iets bruikbaars gemaak word nie. Veel minder kan daar, nadat 'n vuur dit verteer het en dit verkool is, iets bruikbaars van gemaak word.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer wingerdhout nog nie gebrand het nie en dit 'n heel stuk hout is, dan kan 'n mens niks daarvan maak nie. En wanneer dit gebrand het, dan kan 'n mens dit glad nie gebruik nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die takke van ’n druiwestok is nutteloos voor jy dit in die vuur sit, en dit is nutteloos om ’n goeie vuur mee te maak.”