Ezekiel 15:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, dit word in die vuur gegooi as brandstof; die vuur verteer albei sy punte, en die middel daarvan word verbrand. Is dit geskik vir enige werk?
Afrikaans (NLV) 2011 Nee, dit kan net as brandhout gebruik word. En as albei kante van die stok gebrand het en die middel is geskroei, is dit dan nog enigsins bruikbaar?
Afrikaans 1933/1953 Kyk, dit is aan die vuur oorgegee om verteer te word; as die vuur sy twee ente verteer het en sy middelste stuk geskroei is, sal dit deug vir 'n stuk werk?
Afrikaans 1983 Nee, dit word in die vuur gegooi om te brand. En as die twee punte gebrand is en die middel is geskroei, deug dit dan nog vir iets?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, dit is vir die vuur bestem, as brandhout. As die vuur sy twee punte verteer het en sy middelstuk is verkool, sal dit deug vir iets bruikbaars?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Luister, wanneer 'n mens hout in die vuur sit, dan brand dit by die twee punte en in die middel. Dit is dan nie meer goed nie, jy kan dan nie meer iets daarvan maak nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nee, daardie hout is te swak. Dit sal breek. Jy kan met die hout van ’n druiwestok net vuur maak, maar dit brand ook baie vinnig uit.