Ezekiel 15:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Mensekind, wat is die wingerdstok meer as enige boom, of as 'n tak wat tussen die bome van die bos is?
Afrikaans (NLV) 2011 “Mensekind, hoe vergelyk ’n wingerdstok met ’n boom in die woud? Is ’n wingerdstok se hout so nuttig soos die boom se hout?
Afrikaans 1933/1953 Mensekind, wat is die hout van die wingerdstok meer as al die hout -- die wingerdrank wat onder die hout van die bos is?
Afrikaans 1983 “Mens, wat is wingerdhout beter as die kreupelhout tussen die bome in die bos?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Mensekind, wat gebeur met die hout van die wingerdstok anders as wat met al die ander hout gebeur, met die takke wat aan die bome van die bos was?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Mens, die hout van 'n wingerdstok is nie beter as enige ander hout wat in die bos groei nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Mens, wat is beter aan ’n druiwestok as aan ’n boom wat in die bos groei? ’n Druiwestok kan nie eens so goed gebruik word om vuur te maak as ’n boom se hout nie.