Ezekiel 14:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as die profeet hom laat mislei as hy iets spreek, dan het Ek, die HERE, daardie profeet verlei, en Ek sal my hand teen hom uitstrek en hom uit die midde van my volk Israel verdelg.
Afrikaans (NLV) 2011 En as ’n profeet hom laat mislei om iets te sê, sal dit wees omdat Ek, die Here, daardie profeet mislei het. Ek sal my hand teen hom uitsteek en hom verwyder uit die midde van my volk Israel.
Afrikaans 1933/1953 En as die profeet hom laat verlei om 'n woord te spreek -- Ek, die HERE, het die profeet verlei, en Ek sal my hand teen hom uitstrek en hom verdelg uit die midde van my volk Israel.
Afrikaans 1983 En as 'n profeet hom dan laat verlei om iets te sê, is dit Ek die Here wat hom verlei het, maar tog sal Ek my hand teen hom uitsteek en hom tussen my volk Israel uit verdelg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ “ En wat die profeet betref – as hy verlei word en 'n uitspraak maak, is dit Ek, die Here, wat daardie profeet verlei het. Ek sal my hand teen hom uitstrek en hom verdelg uit die midde van my volk Israel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En wanneer 'n profeet lieg en dinge sê, dan is dit Ek wat vir daardie profeet gesê het wat hy moet sê. Ek sal my hand teen hom uitsteek en hom straf, Ek sal hom wegvee uit my volk Israel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En as iemand vir hierdie mense sê hy praat namens My, en hy lieg, sal dit wees omdat Ek hulle wil straf. Ek sal al sulke mense uitroei en vernietig, en hulle sal nie deel van my volk wees nie.