Ezekiel 14:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal my aangesig teen daardie man rig en hom 'n teken en 'n spreekwoord maak, en Ek sal hom uitroei uit die midde van my volk; en julle sal weet dat Ek die HERE is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal self teen sulke mense draai en van hulle ’n verskriklike voorbeeld maak. Ek sal hulle uit my volk verwyder. Dan sal julle erken dat Ek die Here is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek sal my aangesig rig teen die man en hom tot 'n teken en 'n voorwerp van spot maak, en Ek sal hom uitroei uit die midde van my volk; en julle sal weet dat Ek die HERE is. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal so 'n man se teenstander wees en van hom 'n voorbeeld, 'n spot maak, hom van my volk afsny. Dan sal julle besef dat Ek die Here is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal teen daardie man draai en van hom 'n voorbeeld maak, 'n aanleiding tot spotwoorde; Ek sal hom uit die midde van my volk verwyder. Julle sal besef dat Ek die Here is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal 'n vyand wees vir iemand wat dit doen. Die mense sal na hom kyk en hulle sal oor hom praat. Ek sal hom afsny van my volk. Julle sal weet dat Ek die Here is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal self teen sulke mense draai en ’n vreeslike voorbeeld van hulle maak. Ek sal hulle vernietig en hulle weggooi sodat hulle nie meer deel van my volk is nie. Dan sal julle weet en erken dat Ek die Here is. |