Ezekiel 14:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want elkeen van die huis van Israel of van die vreemdeling wat in Israel vertoef, wat hom van My afsonder en sy drekgode in sy hart opsit en die struikelblok van sy ongeregtigheid voor sy aangesig neersit en by 'n profeet kom om vra hom aangaande my; Ek, die HERE, sal hom uit Myself antwoord: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want as enigeen uit Israel of ’n vreemdeling My verwerp en sy hart rig op afgode en oor sonde struikel, en nogtans na die profeet toe kom om raad van My te kry, sal Ek so iemand self antwoord. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want elke man uit die huis van Israel en uit die vreemdelinge wat in Israel vertoef, wat hom afsonder en My nie navolg nie en sy drekgode in sy hart opneem en die struikelblok tot sy ongeregtigheid voor sy aangesig neersit en na die profeet toe kom, dat die My vir hom kan raadpleeg -- hom sal Ek, die HERE, self antwoord gee. |
| Afrikaans 1983 | “Wanneer 'n Israeliet of 'n vreemdeling wat onder Israel woon, van My afvallig word en aan afgode waarde heg en so in sonde verval is dat hy net ag gee op sy afgode, en hy kom na 'n profeet toe om My te raadpleeg, sal Ek, die Here, op my eie wyse met hom praat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wanneer enigiemand uit die huis van Israel of uit die •vreemdelinge wat tydelik in Israel woon, van My vervreemd raak en sy afgodsbeelde 'n plek gee in sy hart, en nie afsien van die struikelblok wat sy sonde meebring nie, en dan na 'n profeet toe kom om by My vir hom antwoorde te soek, sal Ek, die Here, voel Ek moet hom antwoord. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want Ek, die Here, sal self elkeen van die volk Israel antwoord. Ek sal ook die vreemdeling wat in die land Israel woon, antwoord. Ek sal hom antwoord wanneer hy weggaan van My en lief is vir sy afgode. Sy sonde is soos 'n klip waaroor hy val, maar dan kom hy na die profeet toe om te vra wat Ek wil hê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek is die Here, en Ek sal almal straf wat voor afgode buig en slegte dade doen. Of dit ’n vreemdeling of ’n Israeliet is wat My verwerp en voor afgode gaan buig, Ek sal hulle straf as hulle dan die vermetelheid het om te kom vra wat Ek vir hulle te sê het. |