Ezekiel 14:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, sê aan die huis van Israel: So spreek die HERE HERE; Bekeer julle en bekeer julle van julle afgode; en keer julle aangesig af van al julle gruwels.
Afrikaans (NLV) 2011 “Daarom, sê vir die volk Israel die oppermagtige Here sê: Draai om! Draai weg van julle afgode! Hou op met julle afskuwelike dade!
Afrikaans 1933/1953 Daarom, sê aan die huis van Israel: So spreek die Here HERE: Bekeer julle en wend julle af van julle drekgode en wend julle aangesig af van al julle gruwels.
Afrikaans 1983 “Sê vir Israel: So sê die Here my God: Bekeer julle! Laat staan julle afgode! Hou op met al julle afskuwelike dade!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Daarom, sê vir die huis van Israel, ‘So sê my Heer, die Here: “Bekeer julle! Julle moet wegdraai van julle afgodsbeelde, en van al julle afstootlike dade moet julle afsien.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom, jy moet vir die volk Israel sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Julle moet terugkom, julle moet julle afgode los, julle moet al die slegte dinge los wat Ek haat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Daarom, gaan sê vir Israel die Here sê: Draai om! Draai weg van julle afgode af. Hou op om voor julle afgode te buig en hulle te aanbid, en aanbid My. En hou op met julle slegte dade.