Ezekiel 14:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Mensekind, hierdie manne het hulle drekgode in hulle hart opgerig en die struikelblok van hulle ongeregtigheid voor hulle aangesig gestel; moet Ek my enigsins deur hulle raadpleeg?
Afrikaans (NLV) 2011 “Mensekind, hierdie leiers het hulle harte op afgode gerig. Hulle het die struikelblok van sonde in hulle lewe toegelaat. Hoekom moet Ek toelaat dat hulle enigiets van My vra?
Afrikaans 1933/1953 Mensekind, hierdie manne het hulle drekgode in hulle hart opgeneem en die struikelblok tot hulle ongeregtigheid voor hulle aangesig neergesit -- sou Ek My dan werklik deur hulle laat raadpleeg?
Afrikaans 1983 “Mens, hierdie manne heg waarde aan afgode. Hulle is so in sonde verval dat hulle net ag gee op hulle afgode. Moet Ek My deur hulle laat raadpleeg?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Mensekind, hierdie manne het aan afgodsbeelde 'n plek gegee in hulle harte. Hulle sien nie af van die struikelblok wat hulle sondeskuld meebring nie. Moet Ek My enigsins deur hulle laat raadpleeg?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Mens, hierdie manne is lief vir hulle afgode. Hulle sonde is soos 'n klip waaroor hulle val. Ek wil nie hê hulle moet vir My iets vra nie, niks nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Mens, hierdie mans het afgode wat hulle in hulle harte dien. Hulle hou aan verkeerde dinge vas wat hulle mislei om slegte dade te doen. En nou het hulle gekom om te hoor wat Ek vir hulle wil sê. Dink jy Ek wil nog met hulle praat?