Ezekiel 14:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle sal julle troos as julle hulle weë en hulle handelinge sien; en julle sal weet dat Ek nie sonder rede alles gedoen het wat Ek daarin gedoen het nie, spreek die HERE HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle sal verstaan wanneer julle sien hoe hulle optree. Dan sal julle saamstem dat Ek hierdie dinge wat Ek aan die stad gedoen het, nie sonder rede gedoen het nie, sê die oppermagtige Here.”
Afrikaans 1933/1953 Ja hulle sal julle troos as julle hulle weg en hulle handelinge sien; en julle sal weet dat Ek nie tevergeefs alles gedoen het wat Ek daarin gedoen het nie, spreek die Here HERE.
Afrikaans 1983 Julle sal verstaan as julle hulle optrede en hulle dade sien en julle sal besef dat wat Ek aan die stad gedoen het, Ek nie gedoen het sonder dat hy dit verdien het nie,” sê die Here my God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle sal julle laat berus wanneer julle hulle optrede en dade sien, en julle sal besef dat Ek nie sonder rede alles wat Ek in haar gedoen het, gedoen het nie.” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer julle sien hoe hulle gelewe het en wat hulle gedoen het, dan sal julle verstaan hoekom Ek alles gedoen het wat Ek in Jerusalem gedoen het.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle sal die paar mense ontmoet wat die rampe in Jerusalem oorleef. En julle sal sien watter slegte dade hulle doen. En dan sal julle saamstem dat Ek Israel nie sonder rede swaar gestraf het nie. Sy het verdien dat Ek haar so straf.” So sê die Here, Esegiël se God.