Ezekiel 14:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar kyk, daarin sal 'n oorblyfsel oorbly wat gebore sal word, seuns sowel as dogters; kyk, hulle sal na julle uitkom, en julle sal hulle weg en hulle handelinge sien; en julle sal vertroos word oor die onheil wat Ek oor Jerusalem gebring het, ook oor alles wat Ek daaroor gebring het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Tog sal daar ’n klompie oorlewendes oorbly, ’n oorblyfsel wat uit Jerusalem gebring word. Hulle sal as ballinge kom om tussen julle te kom bly. En dan sal julle self sien hoe boos hulle is. En dan sal julle beter voel oor die ramp wat Ek oor Jerusalem gebring het, oor alles wat Ek Jerusalem aangedoen het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar kyk, daarin sal oorbly wat ontvlug, wat uitgebring word, seuns en dogters; kyk, hulle kom uit na julle toe, dat julle hulle weg en hulle handelinge kan sien, en julle getroos kan word oor die onheil wat Ek oor Jerusalem gebring het, oor alles wat Ek daaroor gebring het. |
| Afrikaans 1983 | sal daar tog 'n klompie seuns en dogters oorbly wat vrygekom het. Hulle sal na julle toe kom en julle sal hulle optrede en hulle dade sien en verstaan waarom Ek die ramp oor Jerusalem gebring het, alles wat Ek oor hom gebring het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar kyk, daar sal oorlewendes in haar oorbly wat daar uitgebring word, seuns en dogters. Ja, hulle sal na julle uitkom, en julle sal hulle optrede en dade sien. Dan sal julle berusting vind oor die onheil wat Ek oor Jerusalem gebring het, oor alles wat Ek oor haar laat kom het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar luister, party mense in die stad sal aanhou lewe. Daar sal seuns en dogters uit die stad na julle toe kom, en julle sal sien hoe hulle gelewe het en wat hulle gedoen het. Dan sal julle weet hoekom Ek dit sleg laat gaan het met die stad, julle sal weet hoekom Ek alles laat gebeur het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar sal net ’n handjie vol mense wees wat die rampe gaan oorleef. En hulle sal weggevoer word om saam met julle hier as gevangenes in Babilonië, ’n ver en vreemde land, te kom woon. Dan sal julle met julle eie oë sien watter slegte dade daardie mense gedoen het. En dan sal julle verstaan hoekom Ek Jerusalem tot op die grond laat afbreek en sy inwoners dood laat maak het. |