Ezekiel 14:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want so sê die HERE HERE: Hoeveel te meer as ek my vier smarte oordele oor Jerusalem stuur, die swaard en die hongersnood en die gedruis en die pes, om mens en dier daaruit uit te roei?
Afrikaans (NLV) 2011 “So sê die oppermagtige Here: Hoeveel erger gaan dit nie wees nie as Ek al vier my vreesaanjaende strawwe oor Jerusalem uitstort: oorlog, hongersnood, wilde diere en pessiekte. Mens en dier sal doodgemaak word.
Afrikaans 1933/1953 Want so sê die Here HERE: Hoeveel te meer as Ek my vier kwaai gerigte, swaard en hongersnood en wilde diere en pes, op Jerusalem afstuur om daaruit mens en dier uit te roei!
Afrikaans 1983 So sê die Here my God: “Selfs wanneer Ek my vier swaar strawwe teen Jerusalem stuur, oorlog, hongersnood, ongediertes en pes om mens en dier daar uit te roei,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, so sê my Heer, die Here: “Hoeveel te meer as Ek my vier verskriklike oordele – die swaard, hongersnood, roofdiere en 'n epidemie – oor Jerusalem losgelaat het om mens en dier daar uit te roei!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, die Here, Hy wat Here is, sê: “Dit alles sal gebeur wanneer Ek Jerusalem straf. Ek sal my vier swaar strawwe na Jerusalem stuur. Dit is: oorlog en honger en wilde diere en pes. Ek sal die mense en die diere in die stad laat doodgaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vandag sê die Here, die God van Esegiël vir hierdie volk: “Ek stuur al vier hierdie rampe teen Jerusalem en teen my volk. Hulle sal sien hoe Ek hulle oor hulle slegte dade straf met oorloë en hongersnood, en met gevaarlike wilde diere en dodelike siektes. Ek vernietig hierdie land se mense en diere sonder om een oor te slaan.