Ezekiel 14:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Al was Noag, Daniël en Job daarin, so waar as Ek leef, spreek die HERE HERE, hulle sal geen seun of dogter red nie; hulle sal maar hulle eie siele verlos deur hulle geregtigheid.
Afrikaans (NLV) 2011 Selfs al het Noag, Daniël en Job daar gebly, sweer die oppermagtige Here, sou hulle nie hulle eie seuns of dogters kon red nie. Net hulle sou gered word deur hulle regverdige optrede.
Afrikaans 1933/1953 al was Noag, Daniël en Job daarin, so waar as Ek leef, spreek die Here HERE, hulle sou geen seun of dogter red nie; hulle sou net hulle eie siel deur hul geregtigheid red.
Afrikaans 1983 sou so seker as Ek leef, sê die Here my God, Noag, Daniël en Job as hulle daar was, nie eens 'n enkele seun of dogter kon red nie; hulle sou net hulleself in die lewe kon hou omdat hulle volgens my wil geleef het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en Noag, Danel en Job is in die land, so seker as wat Ek leef,” is die uitspraak van my Heer, die Here, “sal hulle nóg 'n seun, nóg 'n dogter red. Selfs hulle sal deur hulle geregtigheid net hulle eie lewens red.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As Noag, Daniël en Job nou in die land was, dan sou hulle nie een seun of dogter kon red nie. Hulle sal net hulleself kan red omdat hulle reg gedoen het. Dit is seker, so seker soos Ek lewe.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Selfs as Noag, Daniël en Job in daardie land tussen die mense gebly het, verseker Ek jou sou hulle nie die mense gered het nie. Net daardie drie mans sal gered word omdat hulle die regte dade gedoen het.”