Ezekiel 14:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Of as Ek 'n pes in daardie land stuur en my grimmigheid daaroor in bloed uitgiet, om daaruit mens en dier uit te roei;
Afrikaans (NLV) 2011 “Of veronderstel Ek stort my woede uit oor die land deur pessiekte in die land te laat uitbreek, en die pessiekte maak mens en dier dood.
Afrikaans 1933/1953 Of as Ek pes in daardie land stuur en my grimmigheid daaroor uitgiet in bloed, om daaruit mens en dier uit te roei --
Afrikaans 1983 Of as Ek pes oor daardie land stuur en Ek my toorn daarteen laat losbreek om mens en dier daar uit te roei in 'n groot slagting,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Of as Ek pessiekte in daardie land stuur, of Ek stort my woede oor die land uit deur bloedvergieting om mens en dier daar uit te roei,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “En as Ek nie wilde diere of oorlog bring nie, dan sal Ek pes in daardie land stuur en Ek sal die land swaar straf, almal sal sterf. Ek sal die mense en die diere in die land laat doodgaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Of sê nou Ek stuur dodelike siektes teen daardie land omdat Ek woedend is oor die slegte dade wat hulle doen, en baie mense en diere gaan dood deur die siektes wat oral in die land uitbreek.