Ezekiel 14:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Al was hierdie drie manne daarin, so waar as Ek leef, spreek die HERE HERE, hulle sal geen seuns of dogters red nie, maar hulle alleen sal self gered word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Selfs al was hierdie drie mans in die land, sweer die oppermagtige Here dat hulle nie hulle eie seuns en dogters sou kon red nie. Net hulle sal gered word. |
| Afrikaans 1933/1953 | al was hierdie drie manne daarin, so waar as Ek leef, spreek die Here HERE, hulle sou geen seuns of dogters red nie, maar net hulle sou gered word. |
| Afrikaans 1983 | sou so seker as Ek leef, sê die Here my God, dié drie manne as hulle daar was, nie hulle kinders kon red nie. Hulle sou net self gered kon word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en hierdie drie manne is in die land, so seker as wat Ek leef,” is die uitspraak van my Heer, die Here, “sal hulle nie seuns of dogters red nie; nee, hulle alleen sal gered word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En as daardie drie manne nou in die land was, dan sou hulle nie hulle seuns of hulle dogters kon red nie. Hulle sal net hulleself kan red. Dit is seker, so seker soos Ek lewe.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Selfs as daardie drie mans in daardie land gebly het,” sê die Here, die God van Esegiël, “sou hulle nie die mense gered het nie. Net hulle alleen sou gespaar word. |