Ezekiel 14:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Of as ek 'n swaard oor daardie land bring en sê: Swaard, gaan deur die land; sodat Ek mens en dier daarvan uitroei.
Afrikaans (NLV) 2011 “Of veronderstel Ek bring oorlog teen die land, en Ek stuur vyande om te kom en mens en dier te vernietig.
Afrikaans 1933/1953 Of as Ek die swaard bring oor daardie land en sê: Laat die swaard deur die land trek! en Ek daaruit mens en dier uitroei --
Afrikaans 1983 Of as Ek oorlog oor daardie land bring en die swaard beveel om die land deur te gaan en Ek mens en dier uit die land uitroei,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Of as Ek 'n swaard oor daardie land bring en sê, ‘'n Swaard moet die land deurkruis,’ en Ek mens en dier daarin uitroei,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het ook gesê: “As Ek nie wilde diere bring nie, dan sal Ek oorlog in daardie land bring en Ek sal sê daar moet oorlog in die hele land wees, Ek sal die mense en die diere in die land laat doodgaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Of sê nou Ek het ’n groot weermag teen daardie land laat optrek, en Ek het vir die vreemde leër opdrag gegee om die land te verwoes en die inwoners van die land uit te roei.