Ezekiel 14:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Al was hierdie drie manne daarin, so waar as Ek leef, spreek die HERE HERE, hulle sal geen seuns of dogters red nie; net hulle sal gered word, maar die land sal woes wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Selfs al was hierdie drie mans daar, verklaar die oppermagtige Here, sou dit niks aan die situasie verander nie. Dit sou nie die mense van verwoesting red nie. Net daardie drie sou gered word. Maar die land sal verwoes word. |
| Afrikaans 1933/1953 | al was hierdie drie manne daarin, so waar as Ek leef, spreek die Here HERE, hulle sou geen seuns of dogters red nie; net hulle sou gered word, maar die land sou 'n wildernis wees. |
| Afrikaans 1983 | sou so seker as Ek leef, sê die Here my God, dié drie manne as hulle daar was, nie hulle kinders kon red nie. Hulle sou net self gered word, maar die land sou verlate wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en daardie drie manne is in die land, so seker as wat Ek leef,” is die uitspraak van my Heer, die Here, “sal hulle nóg die seuns, nóg die dogters red. Hulle alleen sal gered word, en die land sal verlate lê. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As daardie drie manne, Noag, Daniël en Job, nou in die land was, dan sou hulle nie hulle seuns of dogters kon red nie, hulle sou net hulleself kon red. Niemand sal in die land kan woon nie. Dit is seker, so seker soos Ek lewe.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Selfs as hierdie drie vroom mans in daardie land gebly het, verseker Ek jou dat dit die mense van daardie land niks sou help nie. Die mense sou nog steeds doodgemaak word. Die drie mans sou gered word omdat hulle reg voor die Here leef, maar die land en sy mense sou nog steeds uitgeroei word. |