Ezekiel 14:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Mensekind, as die land teen My sondig deur ernstig te begaan, dan sal Ek my hand daaroor uitstrek en die staf van sy brood breek en hongersnood daaroor stuur en mens en dier daaruit uitroei:
Afrikaans (NLV) 2011 “Mensekind, veronderstel die mense van ’n land sondig teen My en tree troueloos teen My op. Veronderstel Ek lig dan my vuis op om hulle te verpletter en Ek vat hulle kos weg en stuur ’n hongersnood wat mens en dier vernietig.
Afrikaans 1933/1953 Mensekind, as 'n land teen My sondig deur troubreuk te begaan, en Ek my hand daarteen uitstrek en die staf van die brood daarvan verbreek en 'n hongersnood daarin stuur, en Ek daaruit mens en dier uitroei --
Afrikaans 1983 “Mens, wanneer 'n land teen My sondig en heeltemal troueloos word, en Ek steek my hand teen hom uit en vat sy kos weg en bring hongersnood in hom en Ek roei mens en dier uit hom uit,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Mensekind, as 'n land teen My sou sondig deur troubreuk te pleeg, en Ek dan my hand daarteen uitstrek, sy broodstok breek, hongersnood daarin loslaat, en mens en dier daarin uitroei,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Mens, wanneer die mense in 'n land sonde doen teen My en ontrou word, dan sal Ek hulle kos laat opraak en Ek sal hulle honger laat word. Ek sal die mense en die diere in die land laat doodgaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Mens, sê nou die mense in ’n land hou aan om slegte dade te doen en steur hulle nie aan My en aan wat Ek hulle beveel het om te doen nie. Dan sal Ek so ’n klomp mense straf. Ek sal hulle slaan deur hulle kos weg te vat en hulle te laat honger ly. Ek sal mens en dier uit so ’n land uitroei, sonder om enige genade te betoon.