Ezekiel 14:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | sodat die huis van Israel nie meer van My af wegdwaal en nie meer verontreinig word deur al hulle oortredinge nie; maar dat hulle my volk kan wees en Ek vir hulle 'n God kan wees, spreek die HERE HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op hierdie manier sal die volk Israel leer om nie weg te dwaal van My af nie. Hulle sal nie meer in sonde val nie. Hulle sal my volk wees, en Ek sal hulle God wees, sê die oppermagtige Here.” |
| Afrikaans 1933/1953 | sodat die huis van Israel nie meer agter My wegdwaal nie en hulle nie meer verontreinig met al hul oortredinge nie. Dan sal hulle vir My 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees, spreek die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Dan sal Israel nie weer van My af wegdwaal en hulle nie weer verontreinig met al hulle opstandige dade nie. Hulle sal my volk wees, en Ek sal hulle God wees,” sê die Here my God. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sodat die huis van Israel nie weer van My sal afdwaal nie, en hulleself nie weer verontreinig met al hulle oortredings nie. Dan sal hulle vir My 'n volk wees en Ek sal vir hulle 'n God wees. ” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here. ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan sal die volk Israel nie weer weggaan van My nie en hulle sal hulleself nie weer onrein maak met al hulle sondes nie. Hulle sal my volk wees en Ek sal hulle God wees.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Só sal my volk leer om nie van My af weg te loop agter ander gode aan nie. Hulle het hulleself vuil gesmeer met al hulle slegte dade. As dit ophou gebeur, sal jou mense my mense wees, en Ek sal hulle God wees,” sê die Here, Esegiël se God. |