Ezekiel 13:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En my hand sal wees op die profete wat nietigheid sien en goddelike leuens; Israel; en julle sal weet dat Ek die HERE HERE is.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek lig my vuis teen elke profeet wat lieg, en hulle sal verban word uit die gemeenskap van Israel. Ek krap hulle name uit Israel se annale. Hulle sal nooit weer hulle eie land sien nie. Dan sal hulle agterkom dat Ek die oppermagtige Here is!
Afrikaans 1933/1953 En my hand sal wees teen die profete wat bedrieglike gesigte sien en leuens waarsê: hulle sal in die vergadering van my volk nie wees nie en in die boek van die huis van Israel nie opgeskryf word nie en in die land van Israel nie kom nie; en julle sal weet dat Ek die Here HERE is.
Afrikaans 1983 “Ek tree op teen die profete wat gesigte sien wat nie daar was nie en wat leuens uitgee vir waarsêery. Hulle sal nie plek hê in die vertroulike byeenkoms van my volk nie, nie opgeskryf word in die boek van Israel nie en nie op die grondgebied van Israel kom nie. Dan sal hulle besef dat Ek die Here God is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ “My hand sal gekeer wees teen die profete wat valse visioene sien en leuenagtige voorspellings maak. In die binnekring van my volk sal hulle nie wees nie, in die boek van die huis van Israel sal hulle nie opgeskryf word nie, en op die grond van Israel sal hulle nie kom nie. Julle sal besef dat Ek, die Heer, die Here, is,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het ook gesê: “Ek steek my hand uit en Ek straf die profete wat dinge sien wat Ek nie vir hulle gewys het nie en wat lieg en sê hulle weet dinge wat ander mense nie kan weet nie. Hulle sal nie 'n plek kry waar die mense bymekaar is wat aan My behoort nie, niemand sal hulle name skryf in die boek van Israel nie, en hulle sal nie kom in die land van Israel nie. Julle sal weet dat Ek die Here is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal hierdie mense wat lieg en sê dat hulle namens My praat, met die vuis bykom. Ek sal hulle almal wegjaag sodat hulle nie meer tussen julle sal kan bly nie. Nie eens hulle name sal ooit weer in hierdie volk se sensus voorkom nie. En hulle sal nooit weer hulle vaderland sien nie omdat Ek hulle wegjaag na ’n vreemde land. Dan sal julle weet en erken dat Ek die Here is.