Ezekiel 13:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, so sê die HERE HERE: Omdat julle nietigheid gespreek en leuens gesien het, daarom, kyk, Ek het dit teen julle, spreek die HERE HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 “Daarom sê die oppermagtige Here: Ek word jou vyand omdat jy leuens verkondig en jou visioene vals is. So sê die oppermagtige Here:
Afrikaans 1933/1953 Daarom, so spreek die Here HERE: Omdat julle valsheid gespreek en leuenagtige gesigte gesien het, daarom kyk, Ek het dit teen julle, spreek die Here HERE.
Afrikaans 1983 “Daarom,” so sê die Here my God, “omdat wat hulle sê, vals is en omdat wat hulle as gesigte sien, leuens is, is Ek hulle teenstander,” sê die Here my God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom, so sê my Heer, die Here: “Omdat julle valse uitsprake maak en bedrieglike visioene sien, daarom is dit nou Ek teen julle.” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here. ’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom sê die Here, Hy wat Here is: Ek is téén julle, want julle praat dinge wat nie waar is nie en julle sê julle sien dinge, maar dit is vals.” Dit is wat die Here gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Daarom sê die Here, die God van Esegiël, oor julle: Omdat julle lieg en valslik sê dat julle van My gehoor en My gesien het, sal Ek self julle vyand word. Dit is die Here, die God van Esegiël, wat hier praat.