Ezekiel 13:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Het julle nie 'n ydele gesig gesien en nie 'n leuenagtige waarsêery gespreek nie, terwyl julle sê: Die HERE spreek dit; al het ek nie gepraat nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Is jou visioene nie vals en jou voorspellings nie leuens as jy sê: ‘Hierdie boodskap is van die Here!’, as Ek nie eens met jou gepraat het nie? |
| Afrikaans 1933/1953 | Het julle nie 'n bedrieglike gesig gesien en leuenagtige waarsêery gespreek nie deurdat julle sê: Die HERE spreek, terwyl Âk nie gespreek het nie? |
| Afrikaans 1983 | Hulle sien gesigte wat nie daar was nie en hulle verkondig leuens as waarsêery, hulle sê: ‘Die Here sê’, maar Ek het dit nie gesê nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Het julle nie valse visioene gesien en 'n leuenagtige godspraak gelewer toe julle gesê het, ‘Dit is die uitspraak van die Here, ’ terwyl Ek nie iets aangekondig het nie?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het dinge gesê wat Ek nie vir hulle gewys het nie, hulle het gesê hulle weet dinge wat ander mense nie kan weet nie, maar hulle het gelieg. Ek het niks gesê nie, maar hulle het gelieg en gesê ‘Die Here sê dit.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle sê julle het die Here gesien en Hy het met julle gepraat. Julle sê dat die Here self aan julle verskyn het. Hoe kan dit wees as Ek nie eens met julle gepraat het nie? |