Ezekiel 13:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Julle het nie in die gapings opgegaan nie, en ook nie die heining gemaak vir die huis van Israel om in die geveg te staan in die dag van die HERE nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het niks gedoen om die gapings in die muur te help opbou nie. En hulle het nie ’n muur om Israel gebou sodat hy regop kan staan in die oorlog wanneer die Dag van die Here aanbreek nie.
Afrikaans 1933/1953 Julle het in die bresse nie opgegaan nie en die muur nie gebou om die huis van Israel, om in die stryd pal te staan in die dag van die HERE nie.
Afrikaans 1983 Hulle het nie gegaan na waar die muur omgeval het en weer 'n muur om Israel gebou sodat hy staande kan bly in die oorlog wanneer die oordeelsdag van die Here kom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het nie opgeklim na die bresse en 'n klipmuur gepak ter verdediging van die huis van Israel, sodat hy staande kan bly in die stryd op die dag van die Here nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Profete, julle het nie gaan staan by die plekke waar die muur stukkend is en julle het nie die muur weer gebou om Israel te beskerm nie. Wanneer die dag van die Here kom, dan sal die muur nie bly staan nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mure wat rondom my volk gebou is om hulle te beskerm is plek-plek deur die vyande afgebreek. En hierdie mense doen niks om daardie mure weer op te bou nie. Hulle help julle nie om regop te bly staan die dag as die vyand julle aanval en julle lewe bedreig nie. Daardie dag gaan Ek julle straf vir al julle slegte dade.