Ezekiel 13:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom sal julle geen nietigheid meer sien of waarsêery nie; want Ek sal my volk uit julle hand red, en julle sal weet dat Ek die HERE is.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom sal julle nie langer praat oor visioene wat julle kamtig sien terwyl dit nie so is nie. En julle sal ook nie verder voorspellings waag nie, want Ek sal my volk uit julle mag red. Dan sal julle weet dat Ek die Here is.”
Afrikaans 1933/1953 daarom sal julle geen bedrieglike gesigte meer sien en geen waarsêery meer drywe nie; maar Ek sal my volk uit julle hand red, en julle sal weet dat Ek die HERE is.
Afrikaans 1983 Daarom sal julle nie meer gesigte sien wat nie daar is nie en sal julle nie met julle waarsêery aangaan nie. Ek sal my volk red uit julle mag. Dan sal julle besef dat Ek die Here is.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) daarom: Valse visioene sal julle nie sien nie, en voorspellings sal julle nie meer maak nie. Ek sal my volk uit julle hand red. Julle sal besef dat Ek die Here is.” ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom sal julle nie meer kan lieg en sê dat Ek vir julle dinge gewys het nie. Julle sal nie meer kan sê julle weet dinge wat ander mense nie kan weet nie. Ek sal my volk red van julle, en julle sal weet dat Ek die Here is.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle sal nie verder kan vertel van alles wat julle kwansuis in visioene sou gesien het nie. En julle sal nie kan aangaan met julle toordery nie. Want Ek sal my mense, dié mense wat goeddoen, uit julle mag red. Dan sal julle weet en erken dat Ek die Here is.”