Ezekiel 13:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Omdat julle met leuens die hart van die regverdige bedroef gemaak het, wat Ek nie bedroef het nie; en die hande van die goddelose versterk, dat hy nie sou terugkeer van sy goddelose weg nie, deur hom die lewe te beloof. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle het regverdige mense met julle leuens moedeloos gemaak. Ek wou nie hê dat hulle ly nie. En julle het die goddeloses aangemoedig om nie met hulle sondige dade te breek en so hulle lewe te red nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Omdat julle met leuens die hart van die regverdige droewig gemaak het -- terwyl Ek hom geen smart aangedoen het nie -- en die hande van die goddelose versterk het, dat hy van sy slegte weg nie sou terugkeer, om hom in die lewe te hou nie; |
| Afrikaans 1983 | Julle het met julle leuens mense wat my wil wou doen, laat moed verloor; Ek het hulle nie smart aangedoen nie. Julle het goddelose mense aangemoedig om hulle nie van hulle verkeerde lewe te bekeer en so hulle lewens te behou nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Omdat julle deur leuens die harte van regverdiges laat ineenkrimp, terwyl Ek hulle nie pyn wil aandoen nie, en omdat julle die hande van goddeloses sterk, sodat hulle hulle nie bekeer van hulle bose optrede en gevolglik bly leef nie – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle het gelieg vir mense wat reg wou doen en julle het hulle moedeloos laat word. Ék het hulle nie laat seerkry nie. Julle het gesê mense wat verkeerd doen, is reg, julle het nie vir hulle gesê hulle moet verander en reg doen sodat hulle kan aanhou lewe nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle het die mense wat goeddoen, moedeloos gemaak met al die liegstories waarmee julle te koop geloop het, dat Ek hulle nie gaan seën nie. En dit was juis dié mense - dié wat goeddoen - wat Ek wou beskerm. Maar julle het die mense wat besig is met slegte dade aangemoedig om met hulle kwaad aan te gaan deur vir hulle te sê dat Ek hulle sal seën, selfs al hou hulle aan om slegte dinge te doen. |