Ezekiel 13:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal jou doeke skeur en my volk uit jou hand red, en hulle sal nie meer in jou hand wees om gejag te word nie; en julle sal weet dat Ek die HERE is.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal ook die sluiers afruk en my volk uit julle mag red. Hulle sal nie meer julle slagoffers wees nie. Dan sal julle erken dat Ek die Here is.
Afrikaans 1933/1953 Ek sal ook julle sluiers skeur en my volk uit julle hand red, sodat hulle nie meer 'n buit in julle hand sal wees nie; en julle sal weet dat Ek die HERE is.
Afrikaans 1983 Ek ruk julle sluiers af en red my volk uit julle mag. Hulle sal nie meer 'n magtelose prooi in julle hande wees nie. Dan sal julle besef dat Ek die Here is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal julle hoofbedekkings afskeur en my volk red uit julle hand. Hulle sal nie meer as 'n vangs in julle hand wees nie. Julle sal besef dat Ek die Here is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal julle sluiers afruk en Ek sal my volk red van julle. Julle sal nie meer met hulle kan doen wat julle wil nie. Julle sal weet dat Ek die Here is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek vernietig al julle toordery en Ek red my mense uit julle mag. Hulle sal nie langer slagoffers van julle leuens wees nie. Dan sal julle weet en erken dat Ek die Here is.