Ezekiel 13:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, so sê die HERE HERE: Kyk, Ek is teen julle kussings waarmee julle die siele daar jag om hulle te laat vlieg, en Ek sal hulle uit julle arms skeur en die siele laat gaan, ja, die siele wat julle jag om hulle te laat vlieg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “So sê die oppermagtige Here: Ek is teen julle toorbande omdat julle dit gebruik om mense soos voëls te vang. Ek ruk dit van julle arms af. Dan maak Ek my volk, wat julle soos voëls gevang het, vry. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen julle bande waarmee julle die siele vang soos voëls, en Ek sal hulle van julle arms afskeur; en Ek sal die siele losmaak, die siele wat julle vang soos voëls. |
| Afrikaans 1983 | “Daarom,” so sê die Here my God, “pluk Ek die toorbande van julle arms af, die bande waarmee julle mense soos voëltjies in julle mag gekry het, en laat Ek die mense vry vir wie julle so in julle mag gekry het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom, so sê my Heer, die Here: “Kyk, Ek is teen julle towerbande waarmee julle daar in Jerusalem op lewens jag maak asof hulle voëls is. Ek sal dit van julle voorarms afskeur. Ek sal die lewens wat julle vang asof hulle voëls is, vrylaat. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek sal die bande van julle arms afruk omdat julle dit gedoen het. Julle het die bande gebruik om mense te vang soos 'n mens voëltjies vang, julle het mense gevang, maar Ek sal hulle vrymaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Daarom breek Ek al die toorkrag waarmee julle dié arme mense in julle mag probeer kry het soos ’n mens wilde voëltjies vang om hulle in ’n hok op te sluit,” sê die Here, die God van Esegiël. “Ek ruk die net waarmee julle hulle soos voëltjies probeer vang het, uit julle hande uit. En Ek maak die hokkie se deur wyd oop sodat die mense in vryheid kan uitvlieg. |