Ezekiel 13:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Mensekind, profeteer teen die profete van Israel wat profeteer, en sê vir die wat uit hulle hart profeteer: Hoor die woord van die HERE!
Afrikaans (NLV) 2011 “Mensekind, profeteer teen die vals profete van Israel wat almal hulle eie profesieë uitdink. Sê vir hulle dat hulle na die Here moet luister.
Afrikaans 1933/1953 Mensekind, profeteer teen die profete van Israel wat profeteer, en sê aan die wat profete uit hulle eie hart is: Hoor die woord van die HERE!
Afrikaans 1983 “Mens, tree jy as profeet op teen die mense wat hulle as profete van Israel voordoen. Sê vir dié mense wat as profete optree uit hulle eie verbeelding: Hoor die woord van die Here!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Mensekind, profeteer teen die profete van Israel wat besig is om te profeteer. Sê vir die profete wat uit hulle eie harte praat, ‘Hoor die woord van die Here!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Mens, jy moet vir die profete van Israel sê wat Ek sê. Hulle sê hulle is profete, maar hulle het self besluit hulle is profete. Jy moet vir hulle sê: Julle moet hoor wat sê die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Mens, gaan vertel wat Ek nou vir jou sê oor daardie spul vals boodskappers wat maak asof hulle namens My praat, maar wat eintlik net leuens kwytraak. Hierdie mense dink mos ’n klomp mooi stories uit en sê dan dis Ek wat met die volk praat. Wel, gaan sê vir hulle: Dit sê die Here oor wat hulle doen.