Ezekiel 13:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sal julle My onder my volk verontreinig vir handevol gars en vir stukkies brood, om die siele dood te maak wat nie sou sterf nie, en om die siele in die lewe te hou wat nie sou lewe nie, deur te lieg vir my volk wat jou leuens hoor? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle laat my volk van My af wegdraai vir ’n paar hande vol gars of vir ’n stukkie brood. So het julle dié doodgemaak wat nie moes doodgaan nie. En julle het lewe belowe aan dié wat nie moes lewe nie. Julle het gelieg vir my volk wat baie graag na leuens luister. |
| Afrikaans 1933/1953 | En julle ontheilig My by my volk vir 'n paar hande vol gars en vir 'n paar stukke brood om siele dood te maak wat nie moes gesterf het nie, en om siele in die lewe te hou wat nie moes geleef het nie, deurdat julle my volk belieg wat na leuens luister. |
| Afrikaans 1983 | Julle het my Naam ontwy onder my volk vir 'n paar handevol gars en 'n paar stukkies brood. Julle het mense doodgemaak wat nie moes gesterwe het nie, julle het mense in die lewe laat bly wat nie moes bly lewe het nie. Julle het dit gedoen deur my volk te belieg, hulle wat so graag leuens hoor. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle het my heiligheid aangetas by my volk, vir 'n paar hande vol gars en 'n paar stukkies brood, deur lewens te vernietig van mense wat nie moes sterf nie, en lewens te behou van mense wat nie moes bly leef nie, toe julle vir my volk wat na leuens luister, gelieg het.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle het my Naam ontwy tussen die mense van my volk, julle het net 'n paar hande vol gars en stukkies brood gekry omdat julle dit gedoen het. Julle het gelieg en julle het mense laat sterf wat nie moes gesterf het nie, maar julle het mense laat aanhou lewe wat nie moes aanhou lewe nie. My volk het geluister na julle leuens.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle het mense op ’n pad gelei sodat hulle al verder van My af weggegaan het, en julle het boonop van hulle betaling gekry om dié boel leuens aan hulle te verkondig. Julle het leuens aan mense vertel wat graag leuens wil hoor. En so het julle mense doodgemaak wat nie doodgemaak moes word nie. En julle het lewe belowe aan mense wat nie gaan lewe nie. |