Ezekiel 13:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sê: So spreek die HERE HERE; Wee die vroue wat kussings aan alle armsgate vaswerk en doekdoeke op die hoof van elke grootte maak om siele te jag! Sal julle die siele van my volk jag, en sal julle die siele wat na julle toe kom in die lewe hou? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sê vir hulle: So sê die oppermagtige Here: Verwoesting wag vir die mense wat toorbande om mense se gewrigte vasmaak en vir jonk en oud sluiers laat dra in ’n poging om mense in hulle mag te kry. Kan julle my volk in ’n lokval lei sonder om julleself te vernietig? |
| Afrikaans 1933/1953 | en sê: So spreek die Here HERE: Wee die vroue wat bande vaswerk aan al die gewrigte van die hande en sluiers maak oor die hoof van allerhande mense, groot en klein, om siele te vang. Wil julle siele vang van my volk en siele vir julle voordeel in die lewe hou? |
| Afrikaans 1983 | Jy moet sê: So sê die Here my God: Ellende wag vir dié wat toorbande om hulle gewrigte vaswerk en sluiers van allerlei lengtes aansit om mense in hulle mag te kry. Kan julle my volk in julle mag kry en julle eie lewens behou? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en sê, ‘So sê my Heer, die Here: “Ellende wag vir hulle wat towerbande maak vir almal se polse, en hoofbedekkings maak vir koppe van alle groottes, om so op lewens jag te maak. Sal julle op die lewens van my volk jag maak, maar julle eie lewens behou? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Vroue, dit sal sleg gaan met julle wat bande om julle voor-arms vaswerk en wat kort of lang sluiers oor mense se koppe sit sodat julle hulle kan toor en laat sterf. Dink julle dat julle mense van my volk kan laat sterf en dat julle self kan aanhou lewe? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy moet vir hierdie vroue sê die Here, die God van Esegiël, dink die volgende oor hulle: Ek gaan julle vernietig omdat julle soos ’n voëlvanger my volk in ’n net gevang het. Julle het die oumense en die jongmense met julle liegstories gevang. Julle het mense getoor om hulle in julle mag te kry sodat hulle sal doen wat julle wil hê hulle moet doen. Dink julle julle kan mense van die môre tot die aand bedrieg en daarmee wegkom? Kan jy ander in ’n net vang sonder om self in ’n net gevang te word? |