Ezekiel 13:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Net so, jy mensekind, rig jou aangesig teen die dogters van jou volk wat uit hulle eie hart profeteer; en profeteer teen hulle,
Afrikaans (NLV) 2011 “Mensekind, waarsku ook teen die vroue wat net profeteer wat in hulle verbeelding opkom. Profeteer oor hulle.
Afrikaans 1933/1953 En jy, mensekind, rig jou aangesig teen die dogters van jou volk wat as profetesse optree uit hulle eie hart, en profeteer teen hulle
Afrikaans 1983 “Mens, praat met die vroue van jou volk, dié wat as profete optree uit hulle eie verbeelding, wees jy 'n profeet teen hulle.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “En jy, mensekind, rig jou tot die dogters van jou volk wat uit hulle eie harte profeteer. Profeteer teen hulle
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het ook vir my gesê: “Mens, jy moet na die vroue van jou volk kyk wat self besluit het om profete te wees, en jy moet hierdie boodskap van My vir hulle bring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Mens, jy moet ook met die vroue praat wat sê dat hulle namens My praat, maar dan is dit eintlik net stories wat hulle uitgedink het.