Ezekiel 13:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit is die profete van Israel wat oor Jerusalem profeteer en vir haar gesigte van vrede sien, en daar is geen vrede nie, spreek die HERE HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle is die profete wat oor Jerusalem geprofeteer het en vertel het hoe goed dit sal gaan, terwyl daar geen vrede was nie, sê die oppermagtige Here.” |
| Afrikaans 1933/1953 | naamlik die profete van Israel wat profeteer aangaande Jerusalem en vir hom gesigte van vrede sien, terwyl daar geen vrede is nie, spreek die Here HERE. |
| Afrikaans 1983 | *** |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | daardie profete van Israel wat vir Jerusalem profeteer en vir haar visioene van vrede sien, terwyl daar geen vrede is nie.’ ” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here. ’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle is die profete van Israel wat vir die mense van Jerusalem gesê het dat Ek hulle gestuur het en vir hulle gewys het daar sal vrede wees, maar toe was daar nie vrede nie.” Dit is wat die Here gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het leuens vertel en dan gesê dis Ek wat praat. Hulle het gesê daar wag vrede vir my volk en vir Jerusalem, terwyl daar nie vrede kom nie. Dit is die Here, die God van Esegiël, wat hier praat.” |