Ezekiel 13:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sal Ek my grimmigheid laat uitkom teen die muur en teen die wat dit met ongeharde klei gepleister het, en Ek sal vir julle sê: Die muur is nie meer nie, en ook hulle wat dit gepleister het; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Eers dan sal my woede teen die muur en die mense wat dit afgewit het, afgekoel wees. Dan sal Ek vir julle sê: Die muur én die mense wat dit afgewit het, is daarmee heen. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal my grimmigheid laat uitwoed teen die muur en teen hulle wat dit met los kalk gepleister het; en Ek sal vir julle sê: Weg is die muur! En weg is hulle wat dit gepleister het, |
| Afrikaans 1983 | [15-16] Ek sal my gramskap laat uitwoed teen die muur en teen dié wat hom afgewit het en Ek sal vir julle sê: Daar is nie meer 'n muur nie en dié wat hom afgewit het, die profete van Israel, is nie meer daar nie. Dit is hulle wat vir Jerusalem as profete opgetree het, vir die stad gesigte gesien het oor hoe goed dit sou gaan terwyl dit nie goed sou gaan nie.” Dit is wat die Here my God gesê het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal my woede laat uitwoed op die muur en op hulle wat dit met kalk pleister. Dan sal Ek vir julle sê, ‘Die muur is nie meer daar nie, en ook nie hulle wat dit pleister nie – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal die muur afbreek en Ek sal die mense wat dit geverf het, aanhou straf totdat Ek nie meer kwaad is nie. Ek sal vir julle sê: Daar is nie meer 'n muur nie, en die mense wat dit geverf het, lewe nie meer nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Eers dan sal my woede bedaar teen julle muur en teen almal wat die muur wit geverf het. Dan sê Ek vir julle: die muur en almal wat dit wit geverf het, is weggevee. |