Ezekiel 13:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sal Ek dan die muur afbreek wat julle met ongeharde klei gepleister het, en dit op die grond afbring, sodat sy fondament ontdek kan word, en dit sal val, en julle sal in die middel daarvan verteer word; weet dat Ek die HERE is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle muur wat julle ewe netjies afgewit het, breek Ek af tot op die fondasie. En wanneer dit inmekaarstort, sal dit julle verpletter. Dan sal julle erken dat Ek die Here is. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal die muur afbreek wat julle met los kalk gepleister het, en dit op die grond gooi, sodat sy fondament blootgelê sal word; dan sal die stad val, en julle sal daarin omkom; en julle sal weet dat Ek die HERE is. |
| Afrikaans 1983 | Ek breek die muur af wat julle so netjies afgewit het, Ek maak hom gelyk met die grond. Sy fondamente sal sigbaar word, hy sal val en julle sal in sy puin aan julle einde kom. Dan sal julle besef dat Ek die Here is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal die muur wat julle met kalk gepleister het, afbreek en dit op die grond neergooi, sodat sy fondament ontbloot word. Dit sal val en julle sal daarin omkom. Julle sal besef dat Ek die Here is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En Ek sal die muur afbreek wat julle geverf het, die klippe sal op die grond lê en mense sal sy fondamente kan sien. Julle sal tussen die klippe sterf. Julle sal weet dat Ek die Here is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek breek julle muur tot op sy fondament af. En die dag as julle muur omval, val hy bo-op julle. Hy sal julle plat val. En dan sal julle weet en erken dat Ek die Here is! |