Ezekiel 13:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sê vir die wat dit met ongeharde klei pleister, dat dit sal val; en julle, groot haelstene, sal val; en 'n stormwind sal dit skeur.
Afrikaans (NLV) 2011 Sê vir die mense wat die muur afgewit het dat hulle muur binnekort gaan omval. ’n Groot reënstorm met baie haelstene en sterk winde sal die muur omgooi.
Afrikaans 1933/1953 sê vir hulle wat met los kalk pleister, dat dit sal afval; daar sal 'n oorstromende stortreën kom; en julle, haelstene, sal val en 'n stormwind sal losbreek.
Afrikaans 1983 “Sê vir dié wat die muur afgewit het wat gaan val: Daar kom stortreëns, Ek laat haelstene val, stormwinde sal losbreek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sê vir hulle wat met kalk pleister, ‘Die muur gaan val!’ 'n Geweldige stortreën kom, Ek sal groot haelstene gee, hulle sal val. 'n Stormwind sal losbreek –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) moet jy praat met die profete wat die muur geverf het wat sal val. Jy moet vir hulle sê: Ek sal dit hard laat reën en dit sal hael, en Ek sal 'n stormwind laat waai.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wel, sê vir al die mense wat hierdie muur verf dat hulle muur binnekort sal omval. Daar gaan ’n swaar reënbui kom, met groot haelstene en ’n sterk wind. En dan sal die muur omval.