Ezekiel 12:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek het so gedoen soos my beveel is: Ek het my goed bedags uitgebring, soos goed vir gevangenskap, en teen die aand het ek met my hand deur die muur gegrawe; Ek het dit in die skemer te voorskyn gebring, en ek het dit voor hulle oë op my skouer gedra.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het toe gedoen soos ek beveel is. Helder oordag het ek alles wat ek in ballingskap sou wou saamneem, uitgedra na buite. Teen die aand het ek met my hande ’n gat deur die muur gegrawe terwyl almal na my kyk. In die donkerte het ek met my besittings op my rug buitentoe gegaan.
Afrikaans 1933/1953 Ek het toe gedoen soos my beveel is: ek het my goed oordag uitgebring soos die goed wat vir 'n ballingskap nodig is; en in die aand het ek met my hand vir my 'n gat in die muur gebreek; in die pikdonker het ek dit uitgebring, dit op die skouer voor hulle oë gedra.
Afrikaans 1983 Ek het gedoen wat my beveel is. Ek het die dag my goed wat ek in ballingskap sou wou saamvat, uitgebring en die aand het ek met my hande 'n gat deur die muur gebreek. Ek het in die donker vertrek terwyl ek my goed voor hulle oë op my skouers gedra het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het toe gemaak presies soos ek beveel is. My bagasie het ek in die dag uitgedra asof dit bagasie vir 'n ballingskap was, en teen die aand het ek eiehandig deur die muur gebreek. In die skemerdonker het ek met die bagasie vertrek. Op my skouer het ek dit gedra, voor hulle oë.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het toe gedoen wat die Here vir my gesê het. Ek het in die dag die goed uitgebring wat ek sal wil saamneem wanneer ek in 'n ander land moet gaan woon en ek het in die aand 'n gat in die muur gebreek met my hande. Ek het in die donker uitgegaan. Hulle het gesien ek dra die goed op my skouer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het toe alles presies gedoen nes die Here vir my gesê het. Helder oordag het ek my bagasie uit die huis gedra. In my bagasie was net dit wat ’n mens sou inpak as jy as ’n gevangene weggevoer word. Daardie aand het ek met my hande ’n gat in die muur gemaak terwyl die mense vir my kyk. Ek het in die donkerte buitetoe gegaan met my bagasie op my skouers.