Ezekiel 12:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Voor hulle oë moet jy dit op jou skouers dra en dit in die skemer uitdra; jy moet jou aangesig bedek, dat jy die aarde nie sien nie; want Ek het jou as 'n teken vir die huis van Israel gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl hulle kyk, tel jou besittings op jou rug en loop weg die nag in. Maak jou gesig toe en moenie na die land rondom jou kyk nie. Dit sal ’n teken wees vir die mense van Israel.”
Afrikaans 1933/1953 Voor hulle oë moet jy dit op die skouer dra, in die pikdonker moet jy dit uitbring; jou aangesig moet jy bedek, sodat jy die land nie sien nie; want Ek maak jou tot 'n sinnebeeld vir die huis van Israel.
Afrikaans 1983 Sit die goed voor hulle oë op jou skouers en vertrek in die donker. Maak jou gesig toe sodat jy nie die land sien nie. Ek maak jou 'n teken vir Israel.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Voor hulle oë moet jy dit op jou skouer tel. Jy moet in die skemerdonker uitgaan en jou gesig moet jy bedek, sodat jy nie die land sien nie; want as 'n teken gee Ek jou vir die huis van Israel. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle moet sien dat jy die goed op jou skouer sit en dat jy weggaan in die donker. Jy moet jou gesig toemaak en jy moenie na die land kyk nie. Ek gebruik jou om 'n teken te wees vir die volk Israel.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Terwyl hulle dit sien, tel jou bagasie op jou skouers en stap dan weg as die donkerte aanbreek. Maak jou gesig toe. Moenie rondkyk nie. Alles wat jy doen, sal vir Israel herinner aan wat dit beteken as ’n mens deur jou vyande as gevangene weggevoer word.”